Wat is die boodskap van God vir jou persoonlik? Die kern van sy boodskap is dat Jesus Christus die enigste en volkome Verlosser van sondaars is. Hierdie kernboodskap het ‘n keersy. Ek moet erken: ek is ‘n sondaar wat niks vir God kan bied nie; ek verdien die Here se straf; my enigste hoop is dat Jesus Christus die losprys vir my sonde aan die kruis betaal het. Om jou totale onvermoë, jou persoonlike bankrotskap te erken, is bykans onmoontlik. Dit gaan heeltemal teen my en jou grein in. Hoe hanteer jy dit?
Koning Sedekia het Jeremia weer ‘n keer laat haal. Hy wou hoor: Juda, Jerusalem, die landsburgers en die koning het ‘n rooskleurige toekoms, hulle moes net ‘n bietjie in hulle moeilike omstandighede vasbyt. Die Here se boodskap was egter: gee oor en julle sal lewe. Dit was Jeremia se ou boodskap. Hoe het Sedekia dit hanteer? Sy een vrees was dat enigiemand hom sou bespot. Jeremia sê vir hom sy weiering om na die Here te luister, gaan juis daarop uitloop dat hy bespot word.
Ons fokus vanaand op ons reaksie as God se boodskap ons nie pas nie. Ons let op twee fasette: (1) God stuur sy boodskap en (2) Onbedoelde gevolge van ons reaksie op die boodskap.
Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool ►
Continue reading “(2017 01 08 2e) Ons reaksie as God se boodskap ons nie pas nie Jer 38 v17tot26 ♪”