Category: Lukas

(2017 10 15 1e) Groot vreugde oor een bekeerde Luk 15 v1tot7 ♪

Waar bevind ek en jy ons in God se groot plan om sondaars te verlos? Tydens sy aardse bediening het Jesus mense – kerkmense – getroos, maar ook gewaarsku. As die Here en Koning van sy kerk troos en waarsku Hy steeds kerkmense, mense soos ek en jy.

Sy troos is dat Hy gekom het om sondaars tot bekering te roep (Luk 5:32), dat Hy die goeie Herder is wat verlore skape soek en terugbring. Die Fariseërs en skrifgeleerdes, die destydse kerkleiers, het beswaar gemaak dat Jesus sondaars ontvang en selfs saam met hulle eet. Jesus wou hulle perspektief verander. Sou hulle perspektief verander, sou hulle beswaardheid plek maak vir blydskap.

Jesus se waarskuwing behels dat die kerkleiers van destyds en ons, kerkmense, uit sy perspektief moet kyk na God se groot plan om sondaars te verlos. Dit bring ons by ons tema: Groot vreugde oor een bekeerde sondaar. Ons fokus op die volgende fasette: (1) die aanloop; (2) die gelykenis en sy betekenis en (3) die slotsom

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Read more… »

(2017 09 17 1e) Jesus en ons aan die tafel Luk 22 v15tot20 ♪

‘n Doktersbesoek bevestig jou grootste vrees. Die werkgewer sê: “Jou diens is beëindig!” … So iets is ‘n krisis. ‘n Krisis maak ‘n mens se wêreld klein. Jy fokus heeltyd daarop.

Jesus se laaste Paasfees het aangebreek. Aan tafel het Judas nog as dissipel gesit. Hy sou opstaan om Jesus te gaan verraai. Petrus sou Hom verloën. Die volgende ure sou vir Jesus inhou: die bloedsweet in die tuin van Getsemane, sy verhoor, lyding, dood … Jesus was in ‘n krisis gedompel. Die dieptepunt sou wees dat Hy, die heilige Seun van God, met sy lewe moes boet vir ons sonde.

Jesus verras ons. In sy krisis het sy wêreld nie ingekrimp nie. Hy vier Paasfees en stel die nagmaal in aan tafel saam met sy dissipels. Hy het uitgesien om dit saam met hulle te doen. Hy verklaar die brood is simbool van sy liggaam en die wyn van sy bloed. Met twee simbole sê Jesus vir sy dissipels Hy gaan sterf. Waarom? … dit is vir julle. Hy fokus op sy dissipels.

Jesus se krisis sou ook sy dissipels s’n word. Hulle leier en leermeester was op pad weg. Hoe moes hulle hulle krisis en ons ons s’n hanteer? Jesus se antwoord: fokus op wat Hy vir ons gedoen het; fokus ook op ander wat saam met ons aan Hom verbonde is. Laat ons hierdie nagmaal vier in die gesindheid wat ons Verlosser en Here van ons verwag.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Read more… »

(2017 05 25) Die verheerlikte Jesus se seën en ons Luk 24 v50btot51 en 53 ♪

Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

On Ascension day we celebrate Jesus’ ascent to his throne in heaven.

Wanneer ‘n koning na sy kroning sy troon bestyg, is almal se aandag op hom gevestig. Hy fokus ook self op elke beweging. Alles moet sy majesteit beklemtoon.

Jesus se troonbestyging was merkwaardig. Hy het nie op Homself gefokus nie. Buite Betanië het Hy sy hande opgehef en sy dissipels geseën. Hy het sy volgelinge wat hier op aarde agterbly, geseën. Terwyl Hy in die hemel opgeneem is, het sy seën al wyer uitgekring – eers oor Betanië, daarvandaan ook oor Jerusalem en die hele Judea, daarvandaan oor Samaria, totdat sy seën die uiterste van die aarde ingesluit het. Die verheerlikte Jesus se seën het ook oor die eeue heen tot by ons uitgekring.

When Jesus began his ascent to his throne in heaven Hy focused on his disciples – He blessed his disciples and us.

Hoe raak sy seën ons? Natuurlik ontvang ons dit. Die vraag is: wat doen jy vir die Koning van die konings? Wat doen jy met die verheerlikte Jesus se seën? Vandaar ons tema: Die verheerlikte Jesus se seën en ons.

How do you serve the King of kings? How do you handle the blessing of the glorified Jesus? Our theme: The glorified Jesus’ blessing and us.

Die woord in die Griekse teks wat twee maal verwys na die seën waarmee Jesus vertrek het, kom ‘n derde maal voor. In Luk 24:53 lees ons van die dissipels wat by die tempel gebly en God geprys het – letterlik God geseën het. Die hoofsake waaraan ons vanaand aandag gee is: (1) God en Jesus seën ons en (2) Ons roeping: dra God se seën uit

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Read more… »

(2017 04 16 1e) Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Luk 24:5e tot 7 ♪

Op die Noordelike muur van ons kerkgebou is ‘n kruis in beton gevorm. Ons stap by die hoofdeur onder ‘n houtkruis deur. Die kruis is vir ons simbool dat Jesus Christus vir ons gesterf het.

Die vroue het gesien hoedat Josef van Arimatea Jesus se lewelose liggaam op die Vrydag voor die Paasfees van die kruis afgehaal en in sy nuwe rotsgraf neergelê het. Die Sondagmôre vroeg het hulle teruggekeer graf toe met reukolie om Jesus se lyk te versorg. Die klip voor die graf was weggerol en die graf was leeg. Die engel het vir hulle gevra: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

Op hierdie Paassondag is die vraag aan my en jou adres: soek jy Jesus onder die lewendes of onder die dooies? Simboliseer die leë graf vir jou die werklikheid dat Jesus leef, dat Hy die groot Oorwinnaar is, dat Hy die verheerlikte Seun van God is wat oor alles en almal regeer? Erken en dien jy Hom, ons verheerlikte Here en Koning, in alles wat jy doen, sê en selfs dink? Ons tema is die vraag van die engel: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Ons fokus op: (1) Die kruis noodsaaklik, maar nie genoeg nie; (2) Jesus voltooi sy werk deur op te staan.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ► 

Read more… »

(2017 02 05 2e) Jou mond aan sy feeskos Luk 14 v15tot24 veral v24 ♪

Vanaand word ons uitgenooi om aan die tafel van die Here te kom aansit. Dit is ‘n uitnodiging wat ons ongemaklik kan laat voel. Daar is immers die waarskuwing dat ‘n mens ‘n oordeel oor jouself kan eet en drink (1 Kor 11:27, 28). ‘n Wanverhouding met iemand anders laat my besluit om eerder van die nagmaal weg te bly. So probeer ek keer dat God se oordeel my tref.

Is dit so maklik en onskuldig om die Here se uitnodiging nie te aanvaar nie? Die antwoord in die vers waarop ons veral vanaand let, is: Allermins! In die gelykenis voer die genooides allerhande verskonings aan waarom hulle nie die uitnodiging kon aanvaar nie. Jesus sluit die gelykenis af: Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie (Luk 14:24).

Die waarskuwing is gerig aan die lede van God se volk, aan mense wat jaarliks die paasfees gevier het – dié fees waartydens Jesus die nagmaal ingestel het. Dit is duidelik: Op God se uitnodiging – ook aan mense met wie Hy sy verbond gesluit het – is daar net een regte reaksie: neem dit met jou hele hart aan. Stel voor die fees alles reg wat jou sou kon verhinder. Die Here se uitnodiging moet ons hoogste prioriteit wees.

Daar is duidelik ‘n verband tussen die gelykenis van die groot maaltyd (Luk 14) en die gelykenis van die bruilof (Matt 22:1 – 14). Beide weergawes handel oor die antwoord van die mens op die verlossing wat vir God onaanvaarbaar is. Iemand wat die verlossing wat God deur Christus bewerk in ongeloof verwerp, kom onder God se oordeel. Beide weergawes waarsku dat die Jode se ongeloof op God se aanbod van sy koninkryk aan sy volk ernstige gevolge gaan hê. Die Jode se volhardende ongeloof het bewys hulle was God se uitnodiging nie waardig nie.

Daar is soveel verskille tussen die twee weergawes, dat Skrifverklaarders dit as twee verskillende gelykenisse behandel. Ons tema aan die hand van die Lukas weergawe: jou mond aan sy feeskos. Ons let op drie sake: (1) die aanloop; (2) die uitnodiging en (3) die antwoord

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Read more… »