Ons het almal al REUSE in ons lewens gehad! Iets of iemand wat so groot is dat dit ons intimideer! Dawid staan werklik met ‘n reus voor hom, Goliat! Hy is die Filistyne se baasvegter soos die 83 vertaling vir ons sê. Wie sal vir Dawid red? Wie gaan hom help teen hierdie REUS in sy tyd van nood? Wie help ons met die REUSE in ons lewens? Kom luister saam wat leer die Skrif ons!
Jesus Christus ons HERE het opgestaan, vertel dit vir almal!
Dit is Sondag more vroeg. Jesus is reeds in die graf neergelê en Sy liggaam is behandel deur die dissipels. Maria bewaar die graf wat oop staan en die liggaam is nie meer daar nie! ‘n Paniek oorval haar maar soos sy treur praat “Rabboenie” met haar. Hy troos haar en vertel vir haar om vir die ander broers te vertel wat nou gaan gebeur! Hy het WERKKLIK opgestaan, Jesus ons HERE!
Johannes 4: Jesus gee die lewende water!
Ons is almal besig om te soek in ons lewens. Ons is nooit tevrede met dit wat ons het nie. As ons die een ding kry dan soek ons weer die volgende ding, dit is asof ons “dors” nie geles kan word nie! Ons bly dors! Ongelukkig, werk dit so met die kerk ook! As ons nie gelukkig is nie dan soek ons die “beste” kerk. Maar, steeds bly ons dors al kry ons ‘n nuwe kerk! Ons dors word nie geles nie want ons drink nie die LEWENDE water nie! Jesus gee vir ons die lewende water en nooi ons uit om daarvan te drink!
Psalm 19 – Die Woord van God het geen gebrek, laat ons lewens getuig daarvan!
Psalm 2, ‘n Konings Psalm!
Dien die HERE soos Hy dit wil! Dit is ons tema van Sondag oggend se erediens! Die leiers van Israel kom in opstand teen die gesalfde van God! God self het hom daar geplaas! Die waarskuwing en opdrag word gegee aan die volk hoe hulle moet dien.Kom luister saam hoe ons die HERE moet dien!