Psalm 19 – Die Woord van God het geen gebrek, laat ons lewens getuig daarvan!

Ons word met soveel dinge gekonfronteer in ons lewens! Dinge wat dalk nie heeltemal waar is nie, dinge wat werklik gebrek ly! Psalm 19 wys vir ons so pragtig uit dat die Woord van God geen gebrek ly nie! Inteendeel, dit gee lewe aan die wat volgens die wil van God lewe! Dit spoel ook oor in ons lewens, dit wat ons sĂȘ en dink moet volgens die Woord van God wees, dit moet vir God aanneemlik wees!