(2017 12 31 2e) Die groot Versekeraar se versekering Joel 2 v27 ♪

Versekering is deel van ons lewe. Wanneer misdaad of ‘n ramp jou tref, dien jy jou eis in. Die versekeraar vergoed jou vir jou verlies. Wanneer jy ‘n groot operasie moet ondergaan, maak jou mediese versekering dit vir jou moontlik. Die versekeraars spog graag oor hoe getrou en maklik hulle eise uitbetaal.

Ons ervaring is meestal anders. Soms kry ‘n mens die indruk dat die versekeraars ‘n verskoning soek om nie jou eis uit te betaal nie.

Joël vertel ons van ‘n vreemde Versekeraar. Die skade is nie deur ‘n derde party veroorsaak nie. Juis hierdie Versekeraar het sy volk skade aangedoen. Hy het die sprinkaanswerms gestuur wat alles wat groen is opgevreet het.

Die Versekeraar onderneem om wel die volk te vergoed. Hulle sal weer oorvloed hê. Hulle sal weet dat Hy as Versekeraar uniek is; dat Hy hulle God is; dat hulle daarom nooit weer in die skande sal kom nie. Ons tema vanaand: Die groot Versekeraar se versekering. Hierdie tema val uiteen in twee hoofdele: (1) die Here vergoed sy volk en (2) Die Here se doel met die vergoeding

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 12 31 2e) Die groot Versekeraar se versekering Joel 2 v27 ♪”

(2017 12 31 1e) Wag op die Here en kry nuwe krag Jes 40 v31 ♪

In die supermark, in die bank, by die munisipaliteit, in verskillende staatsdepartemente … moet ons ons beurt in ‘n tou afwag.

Ons kan nie meer wag dat pres Jacob Zuma sy dag in die hof kry nie. Ons wag vir die aankondiging dat hy as staatshoof herroep gaan word.

Om te wag, is onvermydelik. Dit is deel van die lewe.

Wanneer ons om uitkoms bid, verwag ‘n mens die Here moet onmiddellik verhoor. Jy wil nie hoor jy moet wag nie.

Die opdrag: “wag op die Here” kom egter telkens in die Woord voor (vgl Ps 27:14, ‘53; 130:7; 131:3; ens). Ons fokusvers spel uit: wie op die Here wag, kry nuwe krag. Natuurlik is die implikasie: dit is die moeite werd om op die Here te wag. Die profeet gee redes hiervoor. Ons tema op die vooraand van die nuwe jaar is: Wag op die Here en kry nuwe krag. Op let op: (1) wat dit behels om op die Here te wag en (2) wat die gevolge daarvan is dat ons in vertroue op die Here wag.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 12 31 1e) Wag op die Here en kry nuwe krag Jes 40 v31 ♪”