(2017 12 24 2e) Keer heelhartig terug na die Here wat oordeel en begenadig Joel 2 v11tot14 ♪

Wat is jou grootste probleem as Christen? Die meeste mense sou seker die meeste van ons bestempel as “goeie mense”; mense met wie jy weet waar jy staan; mense op wie jy kan vertrou. Juis dat jy so “goed” is, kan jou grootste probleem wees.

Hierdie verskynsel was selfs in die ou tyd geldig. Verskeie sogenaamde klein profete het opgetree. Hosea het bv die volk se ontrou aan die Here in die kollig geplaas. Amos het sosiale en ekonomiese sondes uitgewys. Haggai het sy vinger gelê op die volk se verkeerde prioriteite: hulle eie huise was belangriker as die huis van die Here. Joël wys geen spesifieke sonde uit nie. Tog het die volk skuldig gestaan voor die Here. Die rede: hulle het Hom nie heelhartig met oorgawe gedien nie.

Die belangrike vraag is nou: Dien jy die Here heelhartig en met oorgawe? Joël spreek elkeen wat hierin tekortskiet aan met die oproep in die woorde van ons: keer heelhartig terug na die Here wat oordeel en begenadig. Ten opsigte van hierdie oproep let ons op (1) die adres; (2) die inhoud en grond daarvan

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 12 24 2e) Keer heelhartig terug na die Here wat oordeel en begenadig Joel 2 v11tot14 ♪”

(2017 12 24 1e) Jesus is Koning – almal moet Hom dien Matt 28 v18tot20 ♪

Die evangelie volgens Matteus begin met die woorde: Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid … (Matt 1:1). Vóór alles wys Matteus Jesus aan as die seun van Dawid, as die verwagte Messias wat as Koning vanaf die troon van Dawid regeer. Sommer vroeg al het Johannes die doper gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom (Matt 3:2). Nadat Jesus gehoor het dat Herodes Johannes laat opsluit het, het Hy dieselfde boodskap verkondig. Hy het ‘n hele klomp gelykenisse vertel wat Hy ingelui het met die woorde: Die koninkryk van die hemel is soos …(Matt 13:24,31,44,45). Op sy dissipels se vraag wie die belangrikste in die koninkryk van die hemel is, was sy antwoord: kinders (Matt 18:2).

Ons fokusgedeelte begin met Jesus se aankondiging na sy opstanding uit die dood: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde (Matt 28:18b). Daarmee sê Jesus dat Koning is van alles en almal in die hemel en op die aarde. Aan sy dissipels gee Hy een opdrag met ‘n paar boustene, onder andere om die mense te doop. Ook wanneer Eleana vanoggend gedoop word, doen ons dit in die erkenning dat Jesus as Koning reg en seggenskap oor haar en oor ons almal het. Ons tema: Jesus is Koning – almal moet Hom dien. Ons gee aandag aan Jesus se aanspraak, sy bevel en sy versekering.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 12 24 1e) Jesus is Koning – almal moet Hom dien Matt 28 v18tot20 ♪”