Wanneer iemand ‘n pad maak, skraap hulle eers die bogrond tot op ‘n bepaalde diepte weg. Die ondergrond word gekompakteer. Elke laag van die pad word gekompakteer. Hulle lê die fondament bestaande uit gruis en sand. Daarop volg die padoppervlak wat met teer meer spesifiek asfalt ook genoem bitumen geseël kan word.
Die stukkie pad vol slaggate wat toegang tot ons kerkterrein bied, se probleem lê by die asfalt / bitumen seëllaag. Sou die munisipaliteit die pad wou herstel, sal dit op hierdie tydstip waarskynlik nodig wees om die hele seëllaag te verwyder en die padoppervlak te herstel. Hulle hoef egter nie heeltemal oor te begin nie. Die fondament van gruis en sand sal nog ongeskonde wees.
Ons staan tans stil by God se pad van verlossing met sondaars. Die fondament van hierdie pad is Jesus Christus. Wie uitgekies is, is uitverkies op grond van Christus se verdienste. Dieselfde geld die roeping. Ons word daartoe geroep om in Christus as ons Verlosser en Here te glo en Hom te gehoorsaam.
Om enigsins positief op God se roeping te kan reageer, moet die sondaar ‘n totale nuwe mens word. Hy moet van voor af, letterlik van bo af (Joh 3:3), gebore word. Ons fokusvers sê hy word uit God gebore. Vanaand staan ons stil by die wonder van die wedergeboorte, die geboorte uit God. Ons beantwoord die volgende vrae: (1) waarom is die wedergeboorte nodig? (2) wat is die wedergeboorte?
Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool ►
Continue reading “(2017 05 21 2e) Verlossing – pad van – Uit God gebore Joh 1 v13 ♪”