(2017 05 14 2e) Verlossing – pad van – Vir een wat geroep is, is Christus krag en wysheid van God 1 Kor 1 v22tot24 ♪

God roep mense deur sy Woord aan hulle te laat verkondig. Die kern van sy boodskap is: Jesus Christus het aan die kruis vir ons sondes gesterf en is ons verheerlikte Here. Elkeen wat hierdie boodskap hoor, word daardeur tot geloof geroep.

Almal glo nie. Die meeste weier om die boodskap van verlossing deur die kruis te aanvaar. Die Jode het die kruis as neerlaag beskou; die Grieke as dwaasheid.

In sy genade spits die Here sy roeping toe op mense uit beide Jode en nie-Jode. Deur sy Gees maak Hy mense ontvanklik vir die boodskap van Jesus Christus as Verlosser en Here. Hulle reageer positief op God se roeping. Hulle kom tot geloof.

Jy ontvang die roeping elke keer wat jy die Woord hoor. Hoe reageer jy op God se roeping? Ons tema: Roeping – Vir die wat geroep is, is Christus die krag en wysheid van God. Ons let op: (1) God roep almal deur sy Woord; (2) sommige wat geroep is, glo en gehoorsaam

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ► 

Continue reading “(2017 05 14 2e) Verlossing – pad van – Vir een wat geroep is, is Christus krag en wysheid van God 1 Kor 1 v22tot24 ♪”

(2017 05 14 1e) Betrokkenheid by mekaar en herstel van geloofsband Joh 20 v26tot28 ♪

Wat doen jy met Didimus? Klink dit vir jou na Grieks? Dit is! Didimus was die apostel Tomas se Griekse bynaam wat beteken Tweeling. Miskien was hy ‘n pessimis, miskien ‘n realis. Hy was beslis wantrouig. Toe die ander apostels vir hom sê dat Jesus uit die dood opgestaan het, het hy geëis om hom die waarheid met sy eie vingers en hande te bepaal.

Wat doen jy met iemand wat so half eenkant hou; iemand wat ‘n bietjie anders is; iemand wat miskien jou hare laat rys? Waarom so ‘n vraag? Daar is klein tekens van verandering in die gemeente. Tussen die klomp gryskoppe duik hier en daar ‘n jong gesig op. Party skakel die eerste keer by ons in. Party het eers ‘n paar wye draaie gegooi maar het besluit om terug te kom. Party is nog so klein, hulle verstaan nog geen snars van dit wat hier gebeur nie. Hulle raak moeg en geïrriteerd en gee luidkeels hulle ontevredenheid te kenne. Wat doen jy met so iemand? Kyk jy hom uit die hoogte aan, of doen jy wat eers die tien en toe ook Jesus gedoen het?

Ons fokus op betrokkenheid. Vanoggend gaan dit om betrokkenheid by mekaar en hoedat dit die geloofsband tussen ons kan herstel. Die volgende hoofsake kry aandag: (1) Didimus, die twyfelaar en (2) die twyfelaar hanteer en (3) die persoonlike belydenis

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 05 14 1e) Betrokkenheid by mekaar en herstel van geloofsband Joh 20 v26tot28 ♪”