(2017 05 07 2e) Verlossing – pad van – uitverkies deur Vader om gehoorsaam te wees 1 Pet 1 v2 ♪

In ons vaderland voel almal soos tweedeklasburgers. Sonder stemreg in die apartheidsera en weens hulle huidige armoede en swak ekonomiese omstandighede voel baie landgenote so. Ook diegene wat weens regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging aan die agterspeen suig, voel so. Tweedeklasburgerskap is een en elkeen se voorland.

Paulus skryf aan vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon … (1 Pet 1:1). Dat hulle tot geloof gekom het, het allermins vir hulle positiewe gevolge gehad. Hulle was polities, sosiaal en geestelik geïsoleer. Daar is teen hulle gediskrimineer – juis omdat hulle Christus as Here bely het. Sommer aan die begin van sy brief lê Petrus die vinger op hulle seerplek.

Hy spreek hulle aan as uitverkorenes van God. Hulle en ons moenie in ons negatiewe omstandighede vaskyk nie. Bo ons omstandighede moet ons God Drie-enig sien. Hy het sy trou bo alle twyfel aan ons bewys. Ons kan en moet in al ons omstandighede op Hom vertrou. Uit dit wat die apostel skryf, is duidelik: ons kan op God Drie-enig vertrou. God die Vader, Seun en Heilige Gees werk saam om ons verlossing te bewerkstellig. Die apostel draai dit na die lig wat elk van die drie Persone van die Goddelike Drie-eenheid doen vir ons wat bely dat ons aan Hom behoort:

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 05 07 2e) Verlossing – pad van – uitverkies deur Vader om gehoorsaam te wees 1 Pet 1 v2 ♪”

(2017 05 07 1e) Visie – die Here verwag toegewyde diens van sy kinders 2 Kor 7 v1 ♪

Wat verander ‘n liefdesverhouding in een oomblik heeltemal? Hoe die man dit sê en wat hy doen wanneer hy die groot vraag vra, maak nie saak nie. Die oomblik dat hy ‘n meisie vra om te trou, verander hulle verhouding heeltemal. As sy nee sê, kom die liefdesverhouding tot ‘n einde. Sê sy ja, is elke ander liefdesverhouding vir elkeen van hulle verby. Elkeen kan met reg verwag dat die ander een getrou sal wees.

Die gedeelte wat ons gelees het, teken iets soortgelyk. God verbind Hom in liefde en genade om getrou aan ons te wees. Ek en jy moet die Here se liefde en trou beantwoord. Ons moet Hom met die hele hart liefhê. Ons moet heelhartig en met oorgawe aan Hom verbonde leef. Ons moet Hom toegewyd dien. Hy is ons God. Ons behoort aan Hom. Ons tema: Die Here verwag toegewyde diens van sy kinders. Ons kyk vanoggend na (1) die Here God se verbintenis van trou aan ons en (2) wat Hy as antwoord van ons verwag.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 05 07 1e) Visie – die Here verwag toegewyde diens van sy kinders 2 Kor 7 v1 ♪”