(2017 02 19 2e) Wat van … (4) Die naam Jesus – pinkode of troos- en geloofswoord Joh 14 v12 tot 14 ♪

As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. Wat behels hierdie belofte van Jesus?

Saam met die Psalmdigter sing ons: Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here (Ps 24:1). Beteken Jesus se belofte dat ons ons inkopietrollies kan volpak, by die betaalpunt net die pinkode insleutel: “Jesus” en huis toe gaan met alles wat ons harte begeer? Party mense verstaan Jesus se belofte presies só.

Jesus het hierdie belofte in sy laaste onderwysing aan sy dissipels gemaak, pas voor sy gevangeneming, verhoor en kruisdood. Wat in die volgende ure sou gebeur, sou sy dissipels in ‘n krisis dompel. Hulle sou hulle roeping sonder hulle Meester moes vervul. Was dit moontlik? Op daardie tydstip het hulle troos nodig gehad. Hulle moes opgeskerp word om ten spyte van die ingrypende verlies wat hulle sou ly, in die geloof te volhard.

Teen hierdie agtergrond ons temavraag: Wat van … (4) die Naam “Jesus” – pinkode of troos- en geloofswoord? Benewens die belofte oor gebed, maak Jesus ook die belofte dat sy dissipels groter dinge as Hy sal doen. Ons kyk eers na hierdie belofte, waarna ons ons aandag verskuif na Jesus se belofte oor gebed.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 02 19 2e) Wat van … (4) Die naam Jesus – pinkode of troos- en geloofswoord Joh 14 v12 tot 14 ♪”

(2017 02 19 1e) Betrokkenheid (4) Harde werk en die hulp van God waarborg sukses Neh 6 v9 en 15 tot 16

Watter verskil maak jy? Watter verskil maak jy in die gemeenskap? … in jou werk? … in die skool? Vandag baie spesifiek: Watter verskil maak jy in die gemeente?

Miskien antwoord jy met ‘n teenvraag: “Watter verskil kan ek maak?”

Nehemia het ‘n volksvergadering van die Judeërs gehou waartydens sy voorstel was: Kom ons herbou die muur van Jerusalem … Aan die hand van Neh 3 was die uitnodiging aan ons adres: “Kom ons maak saam musiek!” Weliswaar was daar ‘n vals noot – dié van die vooraanstaande mense van Tekoa. Sallum en sy dogters het egter help bou en die gewilliges van Tekoa het selfs ‘n tweede stuk van die muur herbou. Wat was die uiteinde? Die werk is, ondanks groot teenstand, binne 52 dae voltooi (Neh 6:15)! Al die gewillige Judeërs het ingespring en met die hulp van God hierdie bomenslike taak suksesvol uitgevoer.

Jy het gevra: “Watter verskil kan ek maak?” Die antwoord van ons fokusgedeelte is: As jy gewillig is en saam met ander hard werk, kan ons met God se hulp ‘n wesenlike verskil in ons gemeente maak. Vandaar ons tema: harde werk en die hulp van God waarborg sukses. Ons kyk na die redes vir sukses, (1) menslike redes en (2) die groot rede. Continue reading “(2017 02 19 1e) Betrokkenheid (4) Harde werk en die hulp van God waarborg sukses Neh 6 v9 en 15 tot 16”