(2017 01 22 2e) Wat van goeie nie-Chistene en verlossing Joh 14 v6 ♪

Ons gaan die volgende Sondae tydens die aanddienste uit die Skrif die vraag beantwoord: Wat van …? Vanaand is die tema: Wat van goeie nie-Christene en verlossing?

Die afgelope week is die fotojoernalis Shiraaz Mahommend in Sirië gyselaar geneem. Die nie-regerings- en Moslemorganisasie Gift of the Givers het na vore gekom om vir sy vrylating te onderhandel. Vroeër het hulle selfs die vrylating van die Christen Yolande Korkie in Jemen bewerkstellig. Wat word van mense wat deel van so ‘n Moslemorganisasie is wat soveel goed doen en ander soos hulle?

Vandag is ‘n algemene antwoord: soos in die spreekwoord alle paaie na Rome lei, so lei al die weë / paaie na die nuwe Jerusalem toe; na God toe. Dus: die Christelike geloof is maar een moontlikheid om by God en in sy hemel uit te kom.

In ons fokusgedeelte praat Jesus Christus aan die vooraand van sy verhoor en kruisdood met sy dissipels. Dit wat Hy sê, raak elke Christengelowige, maar ook elke ongelowige. Hy vra van elkeen van ons om dit wat Hy sê met ons hele hart te glo. Vanaand kyk ons na Jesus Christus se antwoord op ons vraag: Wat van goeie nie-Christene en verlossing?

Ons leer ons Here Jesus Christus in hierdie Skrifgedeelte ken as: 1 Goddelike Persoon; 2 Die weg, die waarheid en die lewe en 3 Die enigste Verlosser

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 01 22 2e) Wat van goeie nie-Chistene en verlossing Joh 14 v6 ♪”

(2017 01 22 1e) Volg Jesus en openbaar sy gesindheid Fil 2 v 3tot11 veral v5 ♪

Oë gerig op Jesus Christus, toegewy om Hom te volg”. Wat vra hierdie visie van ons as gemeente? Wat vra hierdie visie van my? Wat kos dit my om Jesus te volg?

Dit klink na ‘n vreemde vraag. Jesus sit immers in die ereposisie aan die regterhand van die Vader. Hy is vol majesteit en heerlikheid. Hy regeer oor alles en almal. Enigeen sal daar wil kom!

Die pad na daardie ereposisie was vir Jesus Christus uiters moeilik. Om daar te kom, moes Hy deur die diepste moontlike vernedering heen loop. Dit kon Hy doen, omdat Hy die regte gesindheid gehad het. Ons fokusgedeelte sê dat ons dieselfde gesindheid moet hê.

Is jy bereid om dieselfde pad as Jesus Christus te loop? Is jy regtig bereid om dieselfde gesindheid as dié van Jesus te openbaar? Voordat ek en jy antwoord, is dit nodig dat ons goed kyk na wat dit van ons vra om Jesus Christus te volg en sy gesindheid te hê. Ons let op (1) sy gesindheid en ons s’n; (3) Dryfvere en (4) verhoging as uiteinde.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2017 01 22 1e) Volg Jesus en openbaar sy gesindheid Fil 2 v 3tot11 veral v5 ♪”