(2016 12 25) God praat met ons – in die laaste dae deur sy Seun Heb 1 v1tot4 ♪

God praat met ons. Net vier woorde, maar saam dra hulle aan betekenis. Wie het nog nie ervaar hoe sleg dit is wanneer iemand nie met jou praat nie? Wanneer iemand stilstuipe kry, kan dit jou onseker laat voel, jou frustreer, jou kwaad maak.

God is anders. Hy kry nie stilstuipe nie. Hy praat met ons. Ons fokusgedeelte sê: God praat met ons deur sy Seun.

God het egter nie eers deur sy Seun begin praat nie. Hy het al in die ou tyd begin praat. Hy het nog altyd gepraat en Hy bly praat. Hy het oor die eeue heen baiekeer en op baie maniere gepraat. Dit wat God wou sê, het in die ou bedeling elke keer net stuk-stuk oorgekom. God se praat deur sy Seun is volmaak. Deur sy Seun sê God alles wat Hy kan en wil sê. Wat Hy deur sy Seun sê, is ook finaal.

Ons fokusgedeelte draai hierdie fasette en veel meer na die lig. Ons tema: God praat met ons – in die laaste dae deur sy Seun. In fokus is die Seun (1) deur wie God volmaak en finaal praat; (2) wat verhewe is; (3) wat ‘n taak in die skepping en ook in sondaars se verlossing verrig.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 12 25) God praat met ons – in die laaste dae deur sy Seun Heb 1 v1tot4 ♪”