Keuses is lewenslank deel van ons lewe. Soms het dit wat ons kies goeie, ander tye weer slegte gevolge. Die Spreukedigter hou in hoofstuk 9 ‘n keuse aan ons voor.
Twee vroue nooi ons uit: die een na ‘n feesmaal met wyn en vleis, die ander een met water en kos. Dink mooi oor watter uitnodiging jy aanvaar. Die laaste uitnodiging is nie so onskuldig nie. Die een wat jou uitnooi, heet Dwaasheid. Sy bied gesteelde water aan en kos wat stilletjies geëet word. Sy praat eintlik van meer as eet en drink. Natuurlik is alkohol by haar allermins buite perke. Sy moedig jou juis aan om te drink – sonder enige perk.
Die vraag is watter wyn kies jy: dié in die huis van die vrou, Wysheid, of dié in die huis van die vrou, Dwaasheid? Ons tema: Wysheid en wyn – gebruik en misbruik. Ons let op (1) Twee uitnodigings en (2) misbruik van alkohol en die gevolge daarvan Continue reading “(2016 11 13 2e) Wysheid en wyn – gebruik en misbruik Spr 9 v1tot6 en 9 v13tot18 en 23 v29tot35”