(2016 11 27 2e) Vrou stil in die samekoms van die gemeente? 1 Kor 14 v33b tot 36 ♪

Die skerp meningsverskil in die GKSA oor die vrou in die besondere dienste is algemeen bekend. Beide kante beroep hulle op die Skrif. As Gereformeerde gelowiges is een van ons uitgangpunte immers: “Die Skrif alleen.”

Een van die Skrifgedeeltes wat in die debat geopper word, is deel van die hoofstuk wat ‘n paar weke van die vierde kwartaal in die oggenddienste aan die orde is. Ons tema vanaand is in vraagvorm: Vrou stil in die samekoms van die gemeente? [ In ‘n poging tot ‘n antwoord is die hantering van hierdie Skrifgedeelte in die publikasie “Manlik en vroulik in die kerk” in die konteks van 1 Kor 14:26 – 40 nuttig. ]

Elke gedeelte in die Bybel, ook ons fokusgedeelte, moet vertolk word in sy konteks in die hele Woord van die Here. Ons let op: (1) Wie moet stlibly? (2) is die gebod algemeen? en (3) die konteks van die Woord.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 11 27 2e) Vrou stil in die samekoms van die gemeente? 1 Kor 14 v33b tot 36 ♪”

(2016 11 27 1e) Kom, almal wat dors het … Jes 55 v1tot3 ♪

Hoor daar,” sal ‘n kind uitroep as die bekende deuntjie in die straat opklink, “roomys!” So het die iemand ook in die dorre Midde-Ooste waar God se volk gewoon het, uitgeroep: “Hoor daar, water!” as die waterverkoper se roep in die straat opklink.

Die profeet Jesaja het dit goed geken. Hy sluit daarby aan: Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom. koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk (Jes 55:1). Die volk van God in ballingskap hoor die Here roep. Hulle en ook ons hoor sy uitnodiging, die tema van vanoggend se Woordverkondiging: Kom, almal wat dors het … Ons let op drie fasette: (1) die uitnodiging; (2) die prys is betaal; (3) die verpligting op die genooide

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 11 27 1e) Kom, almal wat dors het … Jes 55 v1tot3 ♪”

(2016 11 20 2e) Die wat regeer is in diens van die Here Jes 45 v1 en v4tot6 ♪

In die VSA is Donald Trump as president aangewys. Mense betoog daarteen – vrugteloos.Pres Jacob Zuma regeer op die oog af met een doel: om homself en sy vriende ter verryk. ‘n Mosie van wantroue is ingestel, weereens, vrugteloos. Pres Mugabe het Zimbabwe se ekonomie vernietig. Hy voer ‘n skrikbewind.Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van pres Omar Al-Bashir van Soedan weens volksmoord en oorlogsmisdade.In Sirië voer President Bashar al-Assad ‘n skrikbewind met die steun van Rusland, terwyl die westerse moondhede Al-Ashad teenstaan.ISIS (Islamitiese Staat) voer ‘n militêre tereuroorlog in veral Sirië en in Irak.

Op die oog af stuur almal onder leiding van politici af op ‘n ramp. Waar pas die Here God in hierdie prentjie? Waarom laat Hy dit toe? Speel Hy hoegenaamd ‘n rol?

Die boodskap van ons fokusgedeelte is: Die wat regeer is in diens van die Here. Ons let op twee sake: (1) Die Here regeer oor die heersers en (2) Waarom die Here regeerders in sy diens gebruik

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 11 20 2e) Die wat regeer is in diens van die Here Jes 45 v1 en v4tot6 ♪”

(2016 11 20 1e) Die Dienaar van die Here kom verras ons Jes 42 v1tot9 ♪

‘n Verrassing is altyd lekker. Kersfeestyd is ‘n tyd van verrassing – partykeer ‘n geskenk, ander kere kuiermense. Die boodskap van Kersfees is dat God ons verras! In ons fokusgedeelte sê die Here hoedat Hy sy volk gaan verras met sy Dienaar. Ons vind hier ‘n drievoudige Goddelike verrassing: (1) die verrassende harmonie in sy Naam; (2) die verrassende wyse waarop Hy sy Taak verrig en (3) God se verrassende waarborg

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 11 20 1e) Die Dienaar van die Here kom verras ons Jes 42 v1tot9 ♪”

(2016 11 13 2e) Wysheid en wyn – gebruik en misbruik Spr 9 v1tot6 en 9 v13tot18 en 23 v29tot35

Keuses is lewenslank deel van ons lewe. Soms het dit wat ons kies goeie, ander tye weer slegte gevolge. Die Spreukedigter hou in hoofstuk 9 ‘n keuse aan ons voor.

Twee vroue nooi ons uit: die een na ‘n feesmaal met wyn en vleis, die ander een met water en kos. Dink mooi oor watter uitnodiging jy aanvaar. Die laaste uitnodiging is nie so onskuldig nie. Die een wat jou uitnooi, heet Dwaasheid. Sy bied gesteelde water aan en kos wat stilletjies geëet word. Sy praat eintlik van meer as eet en drink. Natuurlik is alkohol by haar allermins buite perke. Sy moedig jou juis aan om te drink – sonder enige perk.

Die vraag is watter wyn kies jy: dié in die huis van die vrou, Wysheid, of dié in die huis van die vrou, Dwaasheid? Ons tema: Wysheid en wyn – gebruik en misbruik. Ons let op (1) Twee uitnodigings en (2) misbruik van alkohol en die gevolge daarvan Continue reading “(2016 11 13 2e) Wysheid en wyn – gebruik en misbruik Spr 9 v1tot6 en 9 v13tot18 en 23 v29tot35”