(2016 09 25 2e) God eis die waarheid Hand 5 v1tot11 ♪

CJ Langenhoven het die spreuk gemunt:Om doeltreffend te lieg, moenie die waarheid heeltemal omdraai nie: hou hom skuins.” Eerder as ‘n stukkie raad van ‘n wyse man is sy spreuk ‘n beskrywing van dit wat hy gesien het mense doen. ‘n Ander spreuk lui immers: “Wie die waarheid praat, hoef nie te onthou wat hy gesê het nie.”

Ons is nogal geneig om die waarheid skuins te hou. Wat is die Here se oordeel daaroor?

Ananias en Saffira was beïndruk met die Leviet, Josef, wat sy grond verkoop en die geld vir die apostels gegee het. Hulle het besluit om dit ook te doen. Hulle plan was egter om nie die hele koopsom vir die apostels te gee nie. Hulle het die waarheid skuins gedraai. Volgens die apostel Petrus het hulle vir God gelieg en die Heilige Gees uitgetart. Hulle het met hulle lewe geboet.

Waar staan ons met ons natuurlike neiging om die waarheid skuins te draai? Die boodskap van vanaand se fokusgedeelte is: God eis die waarheid. Ons let op: (1) die gebeure in die eerste gemeente; (2) die straf uitgemeet en (3) die erns van die leuen

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 09 25 2e) God eis die waarheid Hand 5 v1tot11 ♪”

(2016 09 25 1e) Die groot Koning se Feesmaal Jes 25 v6tot9 ♪

Vanoggend se fokusgedeelte handel oor ‘n feesmaal vir die nasies. Ons het ook oor die Here as Koning en sy koninklike fees gesing. In die feesmaal is daar die beste om te eet en te drink: die beste kos en goed verouderde wyn.

Ons gaan as gemeente Nagmaal vier. Ons eet ‘n blokkie brood en drink ‘n slukkie wyn. Is dit nie eerder afskeepkos nie?

Die Nagmaal is allermins afskeepkos. Dit is in die volle sin van die woord ‘n feesmaal – met die beste moontlike brood en wyn. Ons tema vanoggend is: Die groot Koning se feesmaal Ons let op: (1) die feesmaal en (2) die feesgangers.

Indien jy na die preek wil luister, kliek hieronder op die simbool  ►

Continue reading “(2016 09 25 1e) Die groot Koning se Feesmaal Jes 25 v6tot9 ♪”