(2016 09 11 2e) Die Huwelk en trou – wat God wil Gen 2 v18 en 24 ♪

Dave Willis skryf op ‘n webblad ( http:/www.faithit.com/tag/marriage): Ontrou vernietig huwelike. … Wanneer ons oor ontrou praat, verwys ons gewoonlik na ‘n buite-egtelike seksuele verhouding. Hoewel buite-egtelike seksuele verhoudings die mees vernietigende vorm van ontrou mag wees, is daar baie ander maniere waarop mense ontrou in hulle huwelike kan wees. Ons moet ons huwelike bewaar van ontrou in AL die vorms daarvan” (vry vertaal). Is Willis reg?

Wat behels dit om met iemand te trou? Wat behels huwelikstrou en -ontrou? Wat beteken die gebod: Jy mag nie egbreuk pleeg nie? Continue reading “(2016 09 11 2e) Die Huwelk en trou – wat God wil Gen 2 v18 en 24 ♪”

(2016 09 11 1e) Hardloop die geloofswedloop gelowig, enduit, voluit Heb 12 v1tot3 ♪

Die tyd vir die 400m vir mans finaal het aangebreek. Wayde van Niekerk het sy sweetpak uitgetrek; sy plek in die buitenste laan ingeneem. Soos die ander atlete is hy aan die toeskouers voorgestel. Hy het in die wegspringblokke gesak. Die skoot het geklap. Die kommentator het verwag dat Wayde gaan verslap. Hy trek egter onder sy teenstanders uit. ‘n Wêreldrekord spat.
Ons fokusgedeelte teken die geloofswedloop van die Christen. In Wayde se plek neem ek en jy deel. In ons geloofswedloop is daar toeskouers; goed wat ons spoed kan vertraag wat ons moet afgooi; ons kan moeg word; ons kan tou opgooi; net dié wat enduit volhard, bereik die wenpaal.
Die prentjie wys die groot Kampioen wat ons voor oë moet hou: Jesus Christus. Hy het die voorbeeld gestel van hoe ons moet hardloop. Meer as dit: as ons Verlosser waarborg Hy dat ons die lint sal breek. Continue reading “(2016 09 11 1e) Hardloop die geloofswedloop gelowig, enduit, voluit Heb 12 v1tot3 ♪”