(2016 09 04 2e) Die waarde van lewe 1 Kon 3 v24tot27 ♪

Lewe en dood – van die grootste teenstelling waaraan ons kan dink. Hierdie teenstelling is die saak waaroor die Skrifgedeelte wat ons gelees het, handel.

Die jong koning, Salomo, moes beslis watter een van twee prostitute die waarheid praat. Altwee het binne drie dae die lewe geskenk aan ‘n seuntjie. Die een het beweer die ander een het haar seuntjie dood gelê en hom toe met haar lewende seuntjie omgeruil. Altwee het aanspraak gemaak op die seuntjie wat nog geleef het.

Salomo se oplossing: bring ‘n swaard. Sny die lewende seuntjie middeldeur en gee helfte vir elkeen. Die een het verkies dat die ander een eerder die lewende seuntjie kry. Die seuntjie se lewe het vir haar groter waarde gehad as haar aanspraak op hom. Salomo het aan die hand van die twee se reaksie beslis wie die regte ma was. Sy kry toe die seuntjie – lewend. Continue reading “(2016 09 04 2e) Die waarde van lewe 1 Kon 3 v24tot27 ♪”

(2016 09 04 1e) Waarom en hoe ons gee 2 Kor 8 v9tot15 ♪

Ons staan as Gereformeerde gelowiges baie sterk op die genade waardeur God ons op grond van Christus se verdienste verlos. Is ek en jy so bewus van God se genade dat dit alles wat ons doen en sê, bepaal? Spoel sy genade deur my oor na die ander rondom my?

Ook om te kan gee, is genade wat God Drie-enig aan ons betoon. Verlede week het ons gesien wat ek het, het ek van Hom ontvang (1 Kron 29:14, 16). 2 Kor 8:1 verwys na die genade wat God aan die gemeentes in Masedonië geskenk het (:1) om, ten spyte van hul eie onderdrukking en groot armoede aan te dring om die gelowiges in Judea selfs bo hul vermoë finansieel te ondersteun.

My vermoë en gewilligheid om te gee, is genade. In die Griekse teks vind ons die woord genade op drie verdere plekke. Die 1983-vertaling gee dit elke keer weer met die woord liefdeswerk (:4, 6, 7). Die genade wat ek uit sy hand ontvang, deel ek ook uit aan diegene wat dit nodig het. Wanneer ek gee, is ook dit genade. God skenk my genade op genade.

God bewerk al die genade deur sy Gees wat in my woon en werk. Die vraag is: Volg ek en jy ten alle tye die leiding van die Gees van genade? Die Here lei ons deur sy Woord en Gees om om die regte rede en ook op die regte wyse te gee. Continue reading “(2016 09 04 1e) Waarom en hoe ons gee 2 Kor 8 v9tot15 ♪”