Belydenis van geloof 6 Maart 2016

Op Sondag 6 Maart het drie jongmense belydenis van geloof afgelê:

Op die foto hieronder is die Van Niekerk-susters: Ley-lanie en René. Ley-lanie het verlede jaar matriek geskryf, René is met verdere studie besig en het ‘n pos in Johannesburg aanvaar.

Regs is Douw Bornman wat na belydenis gedoop is. Langs hom is sy vriendin, Heleen van Niekerk. Heleen het reeds drie jaar gelede belydenis van geloof afgelê, maar was weekliks saam met Douw in die klas. Douw en Heleen is ook reeds aan die werk.

Baie geluk aan Ley-lanie, René en Douw, sowel as die trotse Heleen en almal wat vir elkeen van hulle omgee!

0 comments:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *