Te midde van ‘n stroom van verandering in elke faset van ons lewe, verlang ‘n mens na iets wat blywend is. Skeermeslemmetjies en sneesdoekies beland op die ashoop nadat dit hulle doel gedien het. Ewige trou word beloof, maar in die meeste gevalle in die skeihof beëindig.
Ons teks hou aan ons voor wat vir die kind van die Here blywend is. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde. Ons gaan die volgende paar aanddienste stilstaan by hierdie drie goed wat vir en in die kind van die Here blywend is. Ons staan vanaand veral stil by die grootste hiervan, die liefde. Dit blyk die liefde (1) moet, (2) doen en (3) saam met geloof en hoop bly dit. Continue reading “(2015 11 29 2e) Geloof, hoop en liefde bly 1 Kor 13 veral v13 ♪”