(2015 08 23 2e) Ons geloof en ons verhouding met God Gen 15 v6 ♪

Verhoudings ontstaan op verskillende maniere. ‘n Kind word gebore as deel van ‘n gesin met verskillende verhoudings. Twee mense besluit om hulleself lewenslank aan mekaar te verbind. Die knoop van die verhouding word met die huweliksluiting voltrek.

Die meeste van ons het grootgeword in ‘n gesin wat al geslagte lank in ‘n verhouding met die Here God leef. Die Here neem die inisiatief in ons verhouding met Hom. Hy het dit met Abram gedoen. Hy het verskillende beloftes aan Abram (en sy nageslag) gemaak.

Tog was Abram nie passief aan die ontvangkant in daardie verhouding nie. Volgens ons teks het hy in die Here geglo. Die Here het hom dit tot geregtigheid gereken.

Die Here het Hom op grond van Christus se verdienste aan ons verbind. Ons glo dit, omdat Hy dit vir ons sê; ons glo in wat Christus vir ons gedoen het. Daardie geloof moet ook vrugte in ons lewe dra. Continue reading “(2015 08 23 2e) Ons geloof en ons verhouding met God Gen 15 v6 ♪”

(2015 08 23 1e) Uit genade verlos, deur die geloof Ef 2 v1tot10 ♪

Jy kan ‘n skokfoto van jouself op een van die sosiale media sien selfs sonder dat jy weet dit is geneem. Dit gebeur omdat omtrent elke selfoon foto’s kan neem en mense nie toestemming vra om ‘n foto te neem en te plaas nie. ‘n Voorbeeld: ‘n polisiebeampte sit met ‘n bottel drank in die hand in ‘n polisievoertuig.

Jy kan self ook ‘n foto kies of ‘n selfie neem en op die sosiale media plaas. Natuurlik gaan ‘n foto wat jy self plaas jou beter kant wys.

In ons teksgedeelte wys die Here in sy Woord twee foto’s van elkeen van ons:

  • Die eerste is ‘n skokfoto. Dit toon ‘n lyk – iemand wat dood is as gevolg van sonde en misdade, iemand wat verdien dat God hom straf. Ons wil onsself nie graag so sien nie. Belangrik is dat die Here sê dit is soos ons was.

  • Die tweede foto toon iemand wat bruis van lewe. Hy sê dit is soos ons is. Hy het ons heeltemal verander; ons laat glo; ons laat lewe. Ons kan nou ons lewe wy aan die goeie dade waartoe Hy ons bestem het.

Hierdie verandering, hierdie nuwe lewe is nie iets waaroor ons kan spog nie. Die Here God het dit in sy groot genade bewerk in ons wat in Jesus Christus glo. Die boodskap van ons teks is: Uit genade verlos, deur die geloof. Ons kyk agtereenvolgens na 2 fasette: (1) God verander ons heeltemal en (2) die proses van verandering Continue reading “(2015 08 23 1e) Uit genade verlos, deur die geloof Ef 2 v1tot10 ♪”