Vreugde en leed

Thys du Bruyn is Dinsdag ontslaan, ‘n week na sy hartoperasie.

Tannie Lenie van Zyl is in die hospitaal (Mediclinic saal E) opgeneem weens ‘n rugprobleem wat die gevolg is van osteoporose. Sy ondergaan DV Donderdag ‘n rugoperasie. Oom Hennie wat die 12e sy 93-ste verjaardag gevier het, het versorging nodig. Die familie is tans besig om reëlings daarvoor te tref.

Tannie Hettie Visser is steeds in die hospitaal (Mediclinic saal K) nadat sy bloedklonte in die long ontwikkel het. Die vooruitsig is dat sy Donderdag ontslaan sal word.

Ons bede is dat elkeen van hulle spoedig sal herstel.

0 comments:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *